Limonium acuminatum (Seelaventel)
Jannie du Toit, the singer-songwriter’s poem “Jacobsbaai se aandlied” names this flower in the second line, here sung by the Afrikaans singer Marie Tredoux.
Klim oor die duin as die son gaan kooi soek
Klim deur die seelaventel
Klim oor die duin as die wolke bloos
Jy kan vinnig stap of drentel
Kyk jy’s nou bo en hier onder jou
Trek die see haar nagrok aan potblou
En die spierwit kant op die soom se rant
lê en sidder op die sand
Sit op die duin as die son gaan kooi soek
Tussen die duinerietjies
Klim oor die duin as die wolke bloos
Sit en talm nog ‘n bietjie
Hoor hoe die see met haar neuriesang
Wiegeliedjie-walgooi teen die bang
En haar kinders sus en haar kinders troos
Wiegeneurie-troos haar kroos
Klim oor die duin as die son gaan kooi soek
Klim deur die seelaventel
Klim oor die duin as die wolke bloos
Jy kan vinnig stap of drentel
Wag tot die maan se flikkerlig
Wilde danspatrone gooi in die wind
Soos ‘n kersvlam speel oor die slaapgesig
Van ‘n mat en moeë kind
Sit op die duin as die son gaan kooi soek
Talm maar nog ‘n bietjie
Kom sit langes my as die wolke bloos
Want sy sing vir jou
This wildflower is on the South African Redlist as an endangered species, mainly because of habitat loss caused by urban development along the West Coast. They flower from November to January, with white or pinkish flowers on short, hairy stalks.