Hesperantha falcata (Bontrok Aandblom), Hesperantha erecta (Klein Bontrok Aandblom), Hesperantha pilosa (Langkous Aandblom), Hesperantha radiata (Windhond Aandblom)
Die genus Hesperantha kom van die Griekse woorde hesperos (aand) en anthos (blom). Hierdie skaars blomme maak oop in die laatmiddag, tipies van Augustus tot September. Die Bontrok aandblom hou van graniet en klei en kom voor vanaf Gifberg tot Port Elizabeth. Die blomme is wit of geel met pienk, rooi of bruin aan die onderkante. Die Klein Bontrok Aandblom het eerder ‘n roomkleur.
Die Windhond Aanblom het ‘n romerige geel kleur, die blomme neig om na onder te hang en die blare is gewoonlik verdroog teen blomtyd. Het ‘n aangename reuk. Groei op sand- en kleigrond vanaf Namakwaland tot Swaziland.
Aandblomme kom ook voor in die Darling Renosterveld Reservaat. Die ingang is aan die bokant van die dorp net agter die Darling Laerskool met ‘n tweede hek laer af in Langfonteinstraat.
Fotos met erkenning aan http://www.africanplants.senckenberg.de/