Die gedig “Jacobsbaai se aandlied” noem hierdie blom in die tweede reël, hier gesing deur die Afrikaanse sangeres Marie Tredoux.
Klim oor die duin as die son gaan kooi soek
Klim deur die seelaventel
Klim oor die duin as die wolke bloos
Jy kan vinnig stap of drentel
Kyk jy’s nou bo en hier onder jou
Trek die see haar nagrok aan potblou
En die spierwit kant op die soom se rant
lê en sidder op die sand
Sit op die duin as die son gaan kooi soek
Tussen die duinerietjies
Klim oor die duin as die wolke bloos
Sit en talm nog ‘n bietjie
Hoor hoe die see met haar neuriesang
Wiegeliedjie-walgooi teen die bang
En haar kinders sus en haar kinders troos
Wiegeneurie-troos haar kroos
Klim oor die duin as die son gaan kooi soek
Klim deur die seelaventel
Klim oor die duin as die wolke bloos
Jy kan vinnig stap of drentel
Wag tot die maan se flikkerlig
Wilde danspatrone gooi in die wind
Soos ‘n kersvlam speel oor die slaapgesig
Van ‘n mat en moeë kind
Sit op die duin as die son gaan kooi soek
Talm maar nog ‘n bietjie
Kom sit langes my as die wolke bloos
Want sy sing vir jou
Hierdie wildeblommetjie is op die Suid-Afrikaanse rooilys as ‘n bedreigde spesie, veral bedreig deur die verlies aan habitat veroorsaak deur die ontwikkeling van die Weskus. Hulle blom in November tot Januarie, en het wit of ligpienk blomme op kort, harige, deurmekaar stammetjies.
Hello daar
Net n vriendelike korreksie
Jacobsbaai se aandlied is Marie Tredoux se lied, wysie en woorde. Jannie du Toit is n ou familievriend en sing dit al jare.
Kontak my as jy n Cd van my ma se liedjies soek.
GROETNIS
Nicola
0839530216
Ek het weer gaan kyk en kon gald nie die skrywer online bevestig nie, ek het die skrywer vir eers uitgelaat. Dankie vir die terugvoer…