‘n Betowerende toevlugsoord in Jacobsbaai met die strand aan die ander kant van die promenade. Van die balkon af is daar ‘n wonderlike 180-grade-uitsig oor die Atlantiese Oseaan. Soos die son sak, verander die lug in warm skakerings oor die see, ‘n magiese ervaring wat vir ewig bly.

In die winter kuier mens lekker voor die potysterstofie en luister na die strelende geluide van die see. Die supervinnige internet (200Mbps-vesel) verseker dat jy altyd in kontak is. Pak jou tasse en kom geniet die Weskus!

Blog

Boegoe

Agothosma thymyfolia (Kalkboegoe), Agothosma Imbricata (Sandboegoe), Agothosma Latipetala (Swartlandboegoe), Agothosma bisulca (Denneblaarboegoe), Macrostylis villosa (Kousieboegoe), Diosma hirsuta (Rooiboegoe), Diosma aspalathoides (Haasboegoe), Diosma oppositifolio (Bitterboegoe) Boegoe is ‘n woord van Khoikhoi oorsprong, wat na ‘n aantal Suid-Afrikaanse plante, swamme of ‘n mineraal kan verwys, wat in … Continue readingBoegoe

Aandblom

Hesperantha falcata (Bontrok Aandblom), Hesperantha erecta (Klein Bontrok Aandblom), Hesperantha pilosa (Langkous Aandblom), Hesperantha radiata (Windhond Aandblom) Die genus Hesperantha kom van die Griekse woorde hesperos (aand) en anthos (blom). Hierdie skaars blomme maak oop in die laatmiddag, tipies van Augustus tot September. Die Bontrok … Continue readingAandblom

Seelaventel

Jannie du Toit, die liedjieskrywer se gedig “Jacobsbaai se aandlied” noem hierdie blom in die tweede reël, hier gesing deur die Afrikaanse sangeres Marie Tredoux. Klim oor die duin as die son gaan kooi soek Klim deur die seelaventel Klim oor die duin as die … Continue readingSeelaventel